EnglishENAfrikaansAF
Bokke, ons staan agter julle!Wees van die eerstes om saam te skree!
🛍️ Vir winkels en klein besighede

Jou hele winkel op SmousPlek. Ons help jou om dit op te sit.

Eerste maand gratis · dan R149 per maand · geen debietorder nie

Hoe dit werk

  1. 📷 Neem foto’s van jou voorraadTot 30 items op ’n slag, en soveel rondtes as wat jy wil: meubels, toestelle, klere, gereedskap, plante, onderdele…
  2. ✨ Tannie Marie skryf die advertensiesSy lees elke item se foto’s en vul die titel, kategorie en beskrywing in. Jy gaan dit na en sit die pryse in een lys by.
  3. 🏪 Jou eie winkelbladAl jou items op een blad met jou winkelnaam, om op WhatsApp en Facebook te deel. Kopers kontak jou direk.
  4. 📊 ’n Winkelverslag elke maandHoeveel mense jou items gesien en jou besonderhede gevra het, en waarna mense in jou dorp gesoek en dit nie gekry het nie.

📊 Hoe jou winkelverslag lyk Voorbeeld

Jou winkelverslag vir OktoberSmousPlek · aan Oom Piet se Meubels, Bothaville
1 284
kere na jou items gekyk
37
mense het jou kontakbesonderhede gevra
46
items nou aanlyn

Mense in Bothaville het hierna gesoek en niks gekry nie:

  • wasmasjien (9×)
  • yskas (5×)
  • kampeerstoele (3×)

Het jy van hierdie? Sit dit op, dan is dit die eerste ding wat hierdie kopers kry.

📡 4 kopersversoeke op Soek-radar in Bothaville hierdie maand. Sien Soek-radar

Jou items waarna die meeste gekyk is:

  1. Imbuia-eetkamerstel, 6 stoele · 212 kyke
  2. Defy-yskas, 2 deure · 174 kyke
  3. Kinderfiets, 20 duim · 96 kyke

Een prys, jou hele winkel

R149 per maand

  • Die eerste maand is gratis, niks om te betaal nie en geen kaart nodig nie
  • Tot 200 items gelyktydig aanlyn (alledaagse goed, dienste en besigheid)
  • Tannie Marie skryf die advertensies uit jou foto’s
  • Jou eie winkelblad en die maandelikse winkelverslag
  • 1 uitlig-hupstoot elke maand
  • Geen debietorder en geen kontrak nie: ons herinner jou voor die maand verby is, en jy besluit
✅ Geen kopers, betaal niksMinder as 10 koperkontakte in ’n maand? Jou volgende maand is gratis.

Motors of eiendom? Daarvoor is daar die Handelaar- en Agentplanne.

Vrae

Het ek ’n webwerf of ’n rekenaar nodig?

Nee. Alles werk op jou foon: neem die foto’s, laai dit op, en gaan deur wat Tannie Marie geskryf het.

Wat gebeur ná die gratis maand?

Ons e-pos jou 3 dae voor dit eindig. As jy aangaan, betaal jy R149 vir die volgende maand (kaart, kitsoorbetaling of krediet). Indien nie, bly jou aanlyn items op tot hul eie einddatums.

Kan iemand dit vir my opsit?

Ja. Stuur vir ons jou foto’s, pryse en kontakbesonderhede, dan sit die SmousPlek-span dit vir jou op. Kontak ons