Kompetisie
Wen ’n R500-brandstofbewys
Plaas ’n advertensie voor 30 November 2026 en jy is in die trekking. Elke advertensie is ’n inskrywing (tot 5), en gratis advertensies vir gewone goed tel ook.
Volg SmousPlek op FacebookDie wenner word ná die trekking op 2 Desember 2026 op ons Facebook-blad aangekondig. Volg ons sodat jy dit nie misloop nie.Sluit aan by 940+ mense wat ons reeds volg.✉️ Skryf vir Tannie Marie
Volg onsReëls
- Promotor. SmousPlek (“SmousPlek”), 1 57 Smit Avenue, Flamwood, Klerksdorp. Navrae: info@smousplek.co.za.
- Tydperk. Van 3 November 2026 00:00 tot 30 November 2026 23:59 (Suid-Afrikaanse tyd).
- Hoe om in te skryf. Plaas ’n advertensie op smousplek.co.za gedurende die tydperk, met ’n SmousPlek-rekening waarvan die Suid-Afrikaanse selfoonnommer bevestig is. Elke advertensie wat gepubliseer word, is een inskrywing, tot hoogstens 5 inskrywings per persoon (per selfoonnommer, oor al jou rekeninge). Gratis advertensies tel presies dieselfde as betaalde advertensies: geen aankoop is nodig nie, en inskrywing kos niks behalwe jou gewone datakoste nie.
- Wie mag inskryf. Persone van 18 jaar en ouer wat in Suid-Afrika woon. Die direkteure, lede, vennote, werknemers, agente en konsultante van die promotor, enigiemand wat goedere of dienste in verband met die kompetisie verskaf, en hul gades, lewensmaats, sakevennote en direkte familielede mag nie inskryf nie.
- Ongeldige inskrywings. Advertensies wat ons gebruiksvoorwaardes oortree, vals, dubbel of bedrieglik is, of wat ons verwyder, tel nie. Ons mag inskrywings wat deur misbruik verkry is, diskwalifiseer.
- Prys. Een R500-brandstofbewys. Die prys kan nie vir kontant omgeruil of oorgedra word nie. As die prys nie beskikbaar is nie, mag ons ’n prys van dieselfde of hoër waarde gee.
- Trekking. Op 2 Desember 2026 trek ons die wenner lukraak per rekenaar uit al die geldige inskrywings; hoe meer inskrywings jy het, hoe beter jou kans. Die trekking word aangeteken.
- Kennisgewing en eis. Ons kontak die wenner per e-pos en selfoon binne 2 werksdae. Die wenner moet binne 7 dae antwoord en hul identiteit bevestig, anders trek ons ’n nuwe wenner. Ons lewer die prys binne 14 dae na bevestiging.
- Aankondiging. Met die wenner se toestemming maak ons hul voornaam en dorp op hierdie bladsy en op ons Facebook-blad bekend.
- Persoonlike inligting. Ons gebruik inskrywers se inligting net om die kompetisie te bestuur, volgens ons privaatheidsbeleid, en hou rekord van die kompetisie so lank as wat die wet vereis.
- Algemeen. Hierdie kompetisie word gehou in ooreenstemming met artikel 36 van die Wet op Verbruikersbeskerming en die regulasies daarvolgens. Hierdie reëls is gratis op hierdie bladsy beskikbaar. Die kompetisie word op geen manier deur Facebook (Meta) geborg, onderskryf of bestuur nie, en inskrywers onthef Meta van enige aanspreeklikheid in verband daarmee.