Betroubare Smous
Die groen kenteken wys dat ’n verkoper ’n rekord op SmousPlek het. Niemand kan dit koop nie: dit word verdien met regte verkope en regte kopers se graderings.
Hoe ’n verkoper dit verdien
- Selfoonnommer bevestig met ’n SMS-kode.
- Minstens 30 dae ’n lid.
- Minstens 5 items verkoop en as verkoop gemerk op SmousPlek.
- Goeie graderings van regte kopers: gemiddeld 4 sterre of meer. Net mense wat die verkoper deur SmousPlek gekontak het, kan hulle gradeer, ’n dag of later.
Die kenteken verskyn vanself wanneer al vier gehaal is, en verdwyn as die graderings daal. SmousPlek kan dit ook verwyder as ’n verkoper die reëls oortree. Die kenteken is nie ’n waarborg nie: ontmoet altyd op ’n veilige openbare plek en sien die item voordat jy betaal.